Quantcast
Channel: Voorgereg (warm, koud, sop) – Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 26

Oe-la-la en bon appétit!

$
0
0

Kalm terwyl dit weergalm

In Frankryk is selfs die eenvoudigste geregte betowerend, sê Mari-Louis Guy. Sy deel resepte wat deur haar onlangse vakansie in St. Tropez geïnspireer is – en omdat Frankryk so ’n romantiese plek is, gee sy sommer ook twee boeke met erotiese verhale weg.

Rol af of klik hier om die resepte te sien:

Wynerige mossels

Worsie-sosaties

Kolwyntjies met karamel

Geroosterde blomkool

En klik hier om dalk ’n erotiese boek te wen

 

ONS VIER ONS HUWELIK IN ST. TROPEZ

Ek en mnr. Wonderlik (saam op die foto hierbo) was onlangs 24 jaar lank getroud. Getrou aan sy groot geaardheid en generous spirit laat vlieg hy my en ons oudste seun na St. Tropez in Frankryk. Die ander twee is darem nog net te jonk om werklik so iets te waardeer, maar daar was ook ’n mate van selfsug betrokke. Ons wou alleentyd met die oudste hê terwyl daar nog so ’n bietjie magic in sy oë is, hier net voor hy die tienerjare betree.

Wat ’n reuse herinneringbouende vakansie was dit nie. Elke reukie, smaak en nuwe plek is vir altyd in ons geheue vasgevang. Dit voel ’n bietjie soos ’n kunsfliek waar die kamera stadig oor die mooiste van mooi in die wêreld beweeg.

St. Tropez, eens ’n klein vissersdorpie, het in die vyftigerjare bekendheid verwerf toe die fliek And God Created Woman daar geskiet is met Brigitte Bardot in die hoofrol. Foto’s van haar is steeds oral in St. Tropez te sien.

Die dorpie wemel van die wêreld se mooistes en rykstes, en hoewel ek nou nie in een van dié kategorieë pas nie, het dit net ’n glasie rosé en ’n bordjie heerlike mossels gekos om my erg tuis te laat voel.

Seker omdat my man al die jare nog in Frankryk werk (hy is skeepskaptein op die Middellandse See), is ons oudste al van jongs af ’n kranige mosseleter. Die Franse se resep is eenvoudig, word voorgesit met ryk kase en ’n vars baguette, en verval altyd in ’n lang, kuierige middagete.

Wynerige mossels
Genoeg vir 2-3 mense

Wynerige mossels in St Tropez deur Mari-Louis Guy

Foto: Melody Deas

3 e olyfolie
3 e botter
1 middelslag-ui, gekap
6 knoffelhuisies
400 ml droë wit wyn
1 kg heel mossels
seesout en growwe swart peper
1 pakkie vars aspersies, in stukkies gesny (opsioneel)
’n hand vol vars dille

1 Skrop die mossels goed en verwyder die baard.
2 Kies ’n lekker groot kastrol en laas die olie, 2 e van die botter, die ui en knoffel daarin asook die wyn. Kook ’n paar minute tot die uie papperig begin word.
3 Voeg nou al die mossels by. Plaas die deksel op en stoom 5 minute oor medium hitte. Maak die kastrol oop, geur met die sout en peper, voeg die aspersies en dille by. Stoom nog 5 minute.
4 Verwyder die pot van die hitte. Gooi al die mossels weg wat nie oopgestoom is nie. Snipper nog ’n bietjie vars dille bo-op as garnering en sit voor.

Worsie-sosaties

Worsies op sosatiestokkies in St Tropez deur Mari-Louis Guy

Foto: Melody Deas

Uit die aard van my werk, en ook net om ek altyd kos-nuuskierig is, stap ek in geen land verby ’n supermark sonder om te loer hoe hulle dinge anders as ons doen nie. ’n Oulike idee wat ek in die slagtersafdeling van ’n St. Tropez-winkel gesien het, was verskillende soorte dun worsies wat in spiraaltjies gedraai en op ’n stokkie geryg is. Dis ’n wonderlike idee vir ’n voorgereg-braai. In my weergawe gebruik ek boerewors, lamswors en ’n kerrieworsie.

My ma het ons altyd met kos laat “toer”. Kleintyd was haar weergawe van ’n Franse nagereg ’n flan, gevul met boere-karamel ( gekookte kondensmelk) en met ’n bergie geklopte room bo-op. Ek het op hierdie oulike idee afgekom waar ’n mens dieselfde in ’n kleiner kolwyntjie-formaat doen.

Flan-kolwyntjies
Lewer 24 kolwyntjies

Flan-kolwyntjies in St Tropez deur Mari-Louis Guy

Foto: Melody Deas

1½ k suiker
4 eiers
2 k koekmeel
1 e bakpoeier
1 t sout
1½ t melk
4 e (60 ml) kookolie
1 t vanieljegeursel
versiersuiker
1 blikkie gekookte kondensmelk
1 k room, geklop
1 bakkie vars aarbeie of frambose

Voorverhit die oond tot 180 ºC. Spuit 2 kolwyntjiepanne met kossproei.

1 Verroom die suiker en eiers met ’n elektriese menger.
2 Sif die meel, bakpoeier en sout saam. Meng die melk, olie en vanieljegeursel.
3 Voeg die meelmengsel en eiermengsel om die beurt bymekaar en meng goed. Skep die beslag in die kolwyntjiepanne en bak 12-15 minute.
4 Verwyder die kolwyntjies uit die oond en druk vinnig ’n diepere holte in elkeen met die agterkant van ’n soutpot of iets soortgelyks.
5 Laat heeltemal in die panne afkoel, dan kom dit later makliker uit die pan.
6 Sprinkel die versiersuiker oor die kolwyntjies. Vul elkeen met die gekookte kondensmelk gevolg deur ’n hopie geklopte room en die aarbeie of frambose.

Wenk Verkrummel ’n paar gemmer koekies en sprinkel dit ook bo-oor.

Wenk Plak gemmerkoekies met gekookte kondensmelk op mekaar vir ’n vinnige nagereg-toebroodjies.

WEN EROTIESE BOEKE!

Voorblaaie van Bloots en Skarlakenkoors deur Peter van Noord en Karin Eloff

Toe ek en my liefste Chris verlief raak, was ons nog bloedjonk. Té jonk, het ons albei geweet, maar die hart wil hê wat die hart wil hê, soos groter mense as ons al gesê het. Ná 24 jaar is ons egter steeds smoorverlief. My eie sprokie! Wat die geheim van ’n lang gelukkige huwelik is, sal ek jou steeds nie kan vertel nie, behalwe dat dit ’n helse skoot geluk insluit.

Ons hou nie altyd van mekaar se keuses in vriende nie, verskil soms hemelsbreed oor die opvoeding van die bloedjies en in die lewe is Chris veel meer van ’n waaghals as ek. Ons is maar erg sout en peper, jin en jang. Die atleet en die boekwurm!

Wel, soms lei my leeswerk darem ook tot die enigste vorm van “oefening” wat ek werklik geniet. En terwyl Frankryk nou in elk geval so ’n romantiese plek is: My vriend Peter van Noord het saam met die oud-Huisgenoot-joernalis Karin Eloff ’n lekker erotiese boek saamgestel met die titel Bloots. Die kortstories daarin is prikkelend, passievol en sensueel. So gewild is vry in Afrikaans, dat die opvolg, Skarlakenkoors, ook onlangs verskyn het.

Die voorblad sê dis 54 erotiese stories wat jou sal laat regop sit, maar dit het my aan ’n hele ander paar posisies as sit laat dink.

Bekende skrywers soos Reinet Nagtegaal, Herman Lategan, Kerneels Breytenbach, Marita van der Vyver, Koos Kombuis, Bianca du Plessis, Sam Woulidge en vele ander lewer bydraes. ’n Hele paar van hulle is vriende van my en ek verbeel my ek het nou insig in hulle almal se slaapkamer. Ek bekyk hulle nou met heeeel ander oë!

Ek gee vandeesweek saam met Tafelberg-uitgewers ’n eksemplaar van sowel Bloots as Skarlakenkoors weg. Maak so om vir een van die boeke in aanraking te kom: SMS WENBOEK, jou  jou naam, adres en die antwoord op ons vraag na 34922. Die sluitingstyd is 17:00 op 4 September 2014. Elke SMS kos R1,50 en jy kan soveel keer SMS as wat jy wil. Die borg is verantwoordelik vir die aflewering van die produk. Vraag Wat is die titel van die opvolg wat ná Bloots verskyn het?

TERUG BY ONS DIEET . . .

In ons vorige blog het ek geskryf hoe ek en broer Callie ’n paar gram probeer afskud. Terwyl ek in Frankryk die groot eet gevat het, het broer Callie mooi by sy dieet gehou, behalwe natuurlik vir ’n bier so af en toe.

Hier is een van sy geheime resepte, perfek vir vleisvrye Maandae. So eenvoudig en heerlik.

Heel geroosterde blomkool

Geroosterde blomkool Mari-Louis Guy, tim Noakes-styl

Foto: Melody Deas

500 ml dik jogurt
1½ t kerriepoeier (lekker sterk is beste)
sout en witpeper
2 blomkoolkoppe
1 t komynsade
½ k gekapte pekanneute

Voorverhit die oond tot 180 ̊C.

1 Meng die jogurt en kerriepoeier. Geur met die sout en witpeper
2 Bedek elke blomkoolkop ruim met die jogurtmengsel. Besprinkel die een met komynsaad en die ander met neute.
3 Bak 30 minute oop. Bedek met foelie en bak nog 10-15 minute.
4 Sny in skywe en sit voor met nog jogurt.

PERFEK VIR DIE JONG KLOMP

Voorblad van Munch deur Hein Scholtz

Ek is so gelukkig dat ek so baie interessante mense kan ontmoet. Vir Hein Scholtz het ek met ’n Bo-Kaapse kostoer raakgekuier en dit was vriendskap met die eerste oogopslag.

Hein is vol humor, interessant, amusant en ’n gawe lunch date. Ook ’n bietjie van ’n elektroniese wonderkind, hy is immers die regisseur van The Tech Report op eNCA. Ons wêrelde skei hier effens, maar kom beslis bymekaar met sy heerlike, onpretensieuse, moderne kosse.

Sy eerste kookboek, Munch, is die perfekte antwoord vir jong skoolverlaters wat in die kombuis aan die gang wil kom en is Suid-Afrika se eerste kookboek wat QR-kodes bevat waarmee die gebruiker meer kan leer van ’n resep en deur sosiale netwerke soos Twitter regstreeks met die skrywer kan kommunikeer. Hein werk reeds aan nommer twee.

My oudste het ’n “tee-en-skuitjie” nodig om elke dag mee te begin, en daarom het ons Hein se lekker beskuit gebak. Sy Marokkaanse couscous het ook al vir kliënte as bykos gemaak. Vreklekker!

Beskuit en Marokkaanse couscous uit Hein Scholtz se Munch

Hein se beskuit (links) en Marokkaanse couscous (regs)

– Mari-Louis

Mari Louis Guy en Callie Maritz Kalm terwyl dit weergalm Mari-Louis Guy en haar broer, Callie Maritz, is vryskut-kosstiliste en kookboekskrywers. Gaan kuier op hul Facebookblad, volg hulle op Twitter by @CakebreadCT  of volg hulle op Instagram.  Gaan kyk gerus hier na hul foto-demonstrasie van hul resep vir gestoofde lam, en as jy al ooit gewonder het hoe om staanribbetjie te maak, laat hulle jou met hierdie video leer!

 


Viewing all articles
Browse latest Browse all 26

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>