Quantcast
Channel: Voorgereg (warm, koud, sop) – Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 26

Caprese-tert

$
0
0

Genoeg vir 4-6
Bereiding: 10 min.
Gaarmaak: 20 min. 

2 rolle (400g elk) skilferkorsdeeg, ontdooi
1 eier, geklits, om oor te borsel

VULSEL
120 g botter
8 ryp tamaties
80 g mozzarellakaas
sout en peper
vars basilieblare
45 ml (3 e) olyfolie

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer toe bakplate en voer uit met bakpapier.
  2. Rol die deeg liggies en rol 2 cm aan alle kante verder uit. Plaas op bakplate.
  3. Borsel die deeg met die eier en prik dit met ’n vurk. Bak 10 minute.
  4. Vulsel: Smelt die botter en sny dun skywe tamatie en kaas.
  5. Borsel die deeg met die botter en rangskik die tamaties en kaas bo-op, wissel dit af in oorvleuende rye. Geur met sout en peper.
  6. Plaas nog 10 minute in oond of tot die deeg bros en goudkleurig is en die kaas gesmelt het.
  7. Haal uit die oond uit, druk basilieblare tussen die rye in en bedruip met olyfolie. Sit onmiddellik voor.

Deur Hope Malau


Viewing all articles
Browse latest Browse all 26

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>